WELKOM BY TERAKA
Teraka, ’n BexGroup-maatskappy, is ’n Vlak 2 B-BSEB vervoer en logistieke maatskappy wat spesialiseer in die vervoer van grootmaat, vinnig-bewegende verbruikersgoedere en behouerde of gepalletiseerde goedere.
OOR ONS
ONS STORIE
Teraka Logistics (Edms) Bpk is in 2017 gestig in reaksie op toenemende groei en aanvraag in die vervoerbedryf. Teraka, wat ‘trok’ in Sesotho beteken, het die geleentheid aangegryp om positief by te dra tot die logistieke bedryf deur middel van ekonomiese transformasie.
Sedertdien het Teraka die aantal vragte wat na sy groeiende kliëntbasis vervoer word meer as verdubbel. Ten spyte van ’n relatiewe klein markaandeel, is Teraka besig om in selfvertroue te groei, en die lys van sy lojale kliënte, insluitende multinasionale maatskappye, is ook aan die uitbrei. Teraka is trots op sy vermoë om dienste vinnig en effektief dwarsoor die land te lewer, en maak só seker dat dienslewering ’n prioriteit bly. Om te groei is deel van die trajek terwyl die maatskappy transformasie nastreef.
ONS VISIE
Om Teraka te vestig in die logistieke industrie as ’n bemagtigende, toekomsgerigte en innoverende besigheid wat die mees gesogte B-BSEB venoot in Afrika is.
ONS MISSIE
Om die volk een vrag op ’n slag te bemagtig
WAARDES
Integriteit
Superieure Kliëntediens
Positiwiteit
Aanpasbaarheid
ONS STRUKTUUR & DIENSTE
As ‘n filiaal van BexGroup het Teraka toegang tot finansiële en operasionele hulpbronne wat dit in staat stel om kleiner vervoermaatskappye te ondersteun. Dit maak voorsiening vir die doeltreffende diversifikasie van sy bedrywighede en bevoordeel ander besighede.
Teraka kies noukeurig B-BSEB-voldoenende subkontrakteurs met behoorlik versekerde en onderhoue voertuie. Hierdie subkontrakteurs voldoen ook aan regulasies en kliëntvereistes.
ONS BESIGHEIDSAREAS
Teraka voorsien kliënte met vinnige, betroubare dienste wat fokus op maar nie beperk is nie tot grootmaatvervoer, en die vervoer van vinnig-bewegende verbruikersgoedere en behouerde of gepalletiseerde goedere.
GROOTMAATVERVOER
Om los grootmaatkommoditeite te vervoer vorm ’n groot deel van Teraka se besigheidskundigheid en bedrywighede. Vragte word vervoer met Tipper Trucks (valkant, losservrag, kantstort en walking floors). Teraka bedien kliënte in die landbou-, minerale- en mynbousektore dwarsoor Suid-Afrika.
VINNIG-BEWEGENDE VERBRUIKERSGOEDERE EN GEPALLETISEERDE GOEDERE
Vinnig-bewegende verbruikersgoedere is een van die vinnigste groeiende sektore wêreldwyd en dra aansienlik by tot Suid-Afrika se bruto nasionale produk (BNP). Vinnig-bewegende verbruikersgoedere word vervoer in Tautliner-, Platdek- en Drieas-voertuie.
BEHOUERDE VERVOER
Om vraghouers na en van Suid-Afrikaanse hawens te vervoer, vorm nog ’n sleutelarea van Teraka se besigheid. Teraka monitor voortdurend die groeipotensiaal van hierdie sektor met die oog om ’n groter markaandeel te probeer verkry.
RISIKOBESTUUR EN ADMINISTRASIE
Teraka is daartoe verbind om verantwoordelike sakepraktyke te handhaaf. Die maatskappy waarborg dat alle goedere onderweg aan die nodige vereistes voldoen en ten volle verseker is teen verlies of skade vanaf die vertrekpunt tot die aflaaibestemming.
Teraka bestuur risiko-versagtende hulpmiddele en verseker streng voldoening aan veiligheidsbeleid. Bestuurstelsels is in plek om risiko’s op te weeg en om enige potensiële verliese weens nie-aflewering, diefstal, ongelukke of onvoorsiene omstandighede te minimaliseer.
Ons gevorderde administrasie en inligtingstelsel verseker konsekwentheid in ons diens. Ons monitor en bestuur dokumentasievloei noukeurig om doeltreffendheid te waarborg.
By Teraka glo ons in die belangrikheid van aanpasbaarheid en om innoverende oplossings te vind om operasionele bedrywighede te verbeter.
KORPORATIEWE SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID (KSV)
Teraka, in samewerking met BexGroup, dien, bevorder en ondersteun omgewingsbewustheid, kinderversorging en onderwys, en gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe. Ons glo dat ons maatskappy nie net bestaan tot voordeel van ons werknemers en aandeelhouers nie, maar ook om ‘n positiewe impak op die res van die wêreld te hê.
Ons steun die idee van ekonomiese transformasie en glo dat ekonomiese groei aangehelp kan word deur die impak van Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BSEB). Teraka Logistics is ’n trotse Vlak 2 B-BSEB bydraer.

Maria's Community Kitchen is 'n projek wat in 2022 deur een van ons werknemers in haar gemeenskap in Kuilsrivier geïnisieer is en wat sedertdien as 'n nie-winsgewende organisasie (NPO) geregistreer is.

Maria's Community Kitchen berei maaltye vir die gemeenskap voor met die doel om soveel as moontlik kinders te voed.

Teraka, in samewerking met Bextrans, het 'n minibus aan Genadeland NPC in Victoria-Wes geskenk om sodoende te verseker dat die gemeenskapsentrum betroubare vervoer het.

Die Stellenbosch Trail Fund (STF) is reg op ons drumpel, en ons werknemers geniet gereeld die stap-, fiets- en hardlooproetes wat die STF ywerig in stand hou en ontwikkel.





